Ontdek die Akademia-kampus.
Verken die aanlyntoer hier.
Toekomstige projek

Akademia Paarl

Ruimte vir Afrikaanse studente in die Paarl

Akademia se eerste voltydse studente in die Paarl het in 2026 by die kampus in Bredastraat, Esterville, begin studeer. Intussen beplan Kanton saam met Akademia vir die instelling se volgende groeifase in die Wes-Kaap: die ontwikkeling van ’n volwaardige Paarl-kampus op Vêrgesig. Dié terrein van 105 hektaar in die Boschenmeer-omgewing bied ruimte om oor tyd ’n blywende studietuiste vir Afrikaanse hoër onderwys in die Paarl te skep.

Akademia se volgende groeifase in die Paarl

Die vestiging van Akademia in die Paarl het reeds gestalte gekry in 'n tydelike tuiste. By die kampus in Bredastraat kry studente die geleentheid om voltyds in Afrikaans te studeer en deel van ’n groeiende kampusgemeenskap te word.

Vêrgesig maak die volgende stap moontlik. Kanton beplan die toekomstige Paarl-ontwikkeling in samewerking met Akademia en werk tans aan die voorgeskrewe dorpsbeplanningsprosesse om die nodige goedkeurings en ontwikkelingsregte te verkry. Voorlopige beplanning gaan intussen voort. Die tydlyn vir die ontwikkeling sal bepaal word deur Akademia se vestiging en groei in die Paarl.

105 ha

Grootte van die Vêrgesig-terrein

Boschenmeer

Ligging van die terrein vir die toekomstige Paarl-kampus

2026

Jaar waarin Akademia se eerste voltydse studente in die
Paarl begin studeer het

Beplanning aan die gang

Kanton werk aan goedkeurings en ontwikkelingsregte en voorlopige planne vir Vêrgesig

’n Toekoms wat die gemeenskap help bou

Akademia se uitbreiding na die Paarl het gegroei uit die betrokkenheid van mense en instellings wat ’n toekoms vir Afrikaanse hoër onderwys in die Wes-Kaap wil skep. Die gemeenskap se steun het ’n belangrike rol gespeel in die verkryging van die Vêrgesig-terrein. Die werk aan die toekomstige Paarl-kampus begin by die verkryging van goedkeurings en regte op die grond, daarmee het Kanton reeds afgeskop. Intussen word 'n behoorlike behoeftebepaling deur Akademia gedoen om te bepaal watter ruimtes vir die kampus ontwerp moet word.

Raak betrokke

Die kampus in Bredastraat gee Akademia se studente reeds ’n plek in die Paarl. Vêrgesig bied ruimte om verder te bou en te vestig.

Marthinus Visser,

Besturende direkteur van Akademia

’n Terrein met ruimte vir groei

Vêrgesig beslaan 105 hektaar in die Boschenmeer-omgewing. Die terrein skep die moontlikheid om ’n volwaardige Paarl-kampus as ’n geïntegreerde leef- en leeromgewing te beplan.

’n Kampusgemeenskap wat reeds vorm aanneem

Akademia se eerste tydelike studente in die Paarl studeer reeds by die kampus in Bredastraat, Esterville. Die toekomstige ontwikkeling op Vêrgesig bou voort op hierdie begin in die Paarl.

Beplanning vir die volgende fase

Kanton werk aan die dorpsbeplanningsprosesse en ontwikkelingsregte vir Vêrgesig. Die ontwikkeling se omvang en tydlyn sal saam met Akademia se groei in die Paarl vorm aanneem.

’n Vennootskap wat in die gemeenskap wortel skiet

Die steun van die Paarl en die breër Wes-Kaapse gemeenskap help om Akademia se visie vir Afrikaanse hoëronderwys in die streek moontlik te maak. Kanton gee uitvoering aan die kampusontwikkeling en die plan om permanent te vestig in die Paarl.

Kanton en Akademia Paarl:
’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal

Kanton ontwikkel leefruimtes waardeur instellings van die Afrikaanse gemeenskap uitvoer kan gee aan hulle doelwitte. By Akademia Paarl het die werk begin om saam met Akademia 'n ruimte te skep vir ’n volwaardige kampus in die Wes-Kaap.

Wil jy meer oor Kanton se betrokkenheid by die Paarl-projek weet? Laat jou besonderhede hieronder, dan tree ons met jou in verbinding.

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

1 Klarinet Straat, Hillside Offices, Lynnwood, Pretoria, 0081

Kanton Beleggings (Pty) Ltd

Mobile Button BackgroundContact Button Animation