
WAT IS KANTON?
Kanton is ’n beleggingsmaatskappy vir eiendom wat deur die Solidariteit Beweging gestig is. Die eiendomme van die Solidariteit Beweging dien as basis van die portefeulje wat verder deur ontwikkeling uitgebrei sal word.
Kanton is ʼn vennootskap tussen kultuur en kapitaal en fokus daarop om teen ʼn goeie opbrengs volhoubare eiendomsoplossings aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap te voorsien sodat hulle hul doelwitte kan bereik.

'N FINANSIËLE OPBRENGS

Kanton bied aan sy beleggers die geleentheid om ‘n sinvolle belegging te maak in eiendom en sodoende welvaart te skep deurdat Kanton se eiendomsportefeulje die geleentheid bied tot groei en inkomste uitkerings.

'N KULTURELE DIVIDEND

Die spesifieke aard van Kanton se eiendomsportefeulje bied aan beleggers ‘n kulturele dividend deurdat ‘n belegging in Kanton ‘n bydrae is tot die uitbou van leefruimtes vir Afrikaans.

Ons span
Die uitvoerende span is ʼn goeie kombinasie van leiers met ervaring in die bestuur van groot ondernemings, gemeenskapbesigheid, eiendomme, en finansiële bestuur.

Ons portefeulje
Kanton se portefeulje is in die afgelope 15 jaar opgebou en bestuur. Die bestaande eiendomme sal op volhoubare wyse in die toekoms aangevul word.

Ons beleggingsplatform
ʼn Pasgemaakte beleggingsplatform sal vir Kanton voorsien word waarmee gewone lede van die gemeenskap en welvarende individue hulle beleggings eenmalig of maandeliks kan maak.

LEEFRUIMTES VIR AFRIKAANS
Kanton is nie net ʼn belegging in eiendom nie, maar ook ʼn belegging met ʼn impak op die hede en op die toekoms.