top of page

ONS

PORTEFEULJE

Kanton se bestaande portefeulje beslaan sowat 11 100 m2 verhuurbare spasie wat uit kantoorparke in Centurion, asook kantoorgeboue vir die lewering van dienste elders in die land bestaan. Die spasie word tans deur instellings in die Solidariteit Beweging gebruik en is 100% uitverhuur.

Projekte

Bestaande projekte wat binne die volgende twee jaar voltooi gaan word sal die verhuurbare spasie verdubbel. Die nuwe Sol-Tech-kampus in Pretoria voeg sowat 10 000 m2 kantoorspasie en industriële spasie tot Kanton se portefeulje wat gebruik gaan word vir beroepsopleiding. Okkupasie is vir Januarie 2021 geskeduleer.​

Die nuwe Sol-Tech-koshuis wat ongeveer 400 beddens gaan bevat, gaan kort op die hakke van die kampus volg. ʼn Nuwe fasiliteit vir Solidariteit in Centurion sal sowat 1 200 m2-kantoorspasie tot die portefeulje voeg.

Pyplyn

 

ʼn Ontwikkelingspyplyn van sowat 55 700 m2 verhuurbare eiendom vind sy oorsprong in behoeftes aan eiendomspasie wat reeds vanaf Afrikaanse instellings ontvang is. Hierdie aanbod sal uit ʼn universiteitskampus, kantore, kommersiële fasiliteite en residensiële fasiliteite bestaan.​

 

Kanton beoog om in die nabye toekoms die Solidariteit Beweging se dienskantore en gemeenskapsentrums in strategiese gebiede uit te brei en te vestig om ʼn omvattende diens aan die gemeenskap te lewer.

ʼn Behoefte aan aftreebehuising en eenhede vir mediese sorg vir lede, asook Afrikaanse skole vir die gemeenskap is reeds as moontlike toekomstige ontwikkelings geïdentifiseer.

bottom of page