top of page

ONS SPAN

Ons span fotos-06 copy.png

Lambert van der Nest – Voorsitter

Lambert het meer as 25 jaar se besigheidsondervinding. Nadat hy ʼn MSc in Grondkunde voltooi het, het Lambert medestigter van die maatskappy Envirogreen geword. Die maatskappy het in omgewingsrehabilitasie van stortingsmateriaal gespesialiseer en het die markleier in hierdie veld geword met aktiwiteite regoor Suid-Afrika. Nadat Lambert ʼn MBA voltooi het, is hy aanvaar om deel te neem aan die gesogte Owner President Managament Program (OPM) aan die Harvard Business School.​

Op die ouderdom van 32 het Lambert sy besigheid aan die Fraser Alexander Groep verkoop en is daarna aangestel as hoof- uitvoerende beampte van die Groep met 6 000 werknemers in 12 verskillende lande. In 2012, na 13 jaar as hoof van die Fraser Alexander Groep, het Lambert die maatskappy Wildfig Holdings gestig om sy droom as entrepreneur met projekte in Suid-Afrika en die buiteland te verwesenlik.

Ons span fotos-10 copy.png

Henk Schalekamp – Besturende Direkteur

Henk het ʼn BA Honneurs in Bedryfsielkunde aan die PU vir CHO voltooi en het ʼn MBA aan dieselfde universiteit verwerf. Henk is in 1998 as streeksorganiseerder by die Mynwerkersunie aangestel en was lid van ʼn kernspan ter ondersteuning van Flip Buys om die Solidariteit Beweging tot stand te bring. Henk was instrumenteel in die oprigting van verkeie nuwe instelling in die Solidariteit Beweging en het hom veral toegespits op die operasionele bestuur en besigheidsontwikkeling van die Beweging.​

Henk dien op verskeie rade, waaronder voorsitter van die Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM), Solidariteit Eiendomme (SE) asook Akademia, en dien op die rade van Sol-Tech, die Virseker Trust, Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) en die Solidariteit Beweging Trust. Henk is ʼn gemeenskapsentrepreneur en sy lewensideaal is om kapitaal tot voordeel van die Afrikaanse gemeenskap te mobiliseer.

Ons span fotos-09 copy.png

Tjaart van der Westhuizen – Finansiële Direkteur

Tjaart het ʼn BCompt Honneurs aan Unisa behaal en ʼn MBA aan die Universiteit van Pretoria (GIBS) voltooi. In 2017 het Tjaart die ʼn kursus oor Prestasiemeting vir Effektiewe Bestuur aan die Harvard Kennedy School in Boston in die VSA voltooi. Na afloop van sy klerkskap het Tjaart as finansiële bestuurder by CMP (vleisverwerking en -uitvoer), asook by Sun International gewerk. Hy sluit daarna by Astrapak aan en word van finansiële bestuurder tot finansiële direkteur bevorder. Tjaart vestig suksesvolle finansiële dissiplines en stelsels in ʼn stadium van korporatiewe oorgang. Hy was finansiële direkteur van DPI Holdings en was verantwoordelik vir die totale finansiële funksie van Sub-Sahara Afrika wat die kleinhandel en vervaardiging in Suid-Afrika ingesluit het, asook die vervaardiging in Namibië, Botswana, Angola, Tanzanië en Mauritius. Tjaart het daarna by die Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) in die Solidariteit Beweging aangesluit waar hy die afgelope sewe jaar werksaam is.​

As besturende direkteur van SBM is Tjaart verantwoordelik om toe te sien dat die SBM beherende maatskappye strategies met die doelwitte van die Solidariteit Beweging belyn is. Behalwe vir SBM, dien Tjaart op verskeie rade, naamlik voorsitter van Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) en direkteur van Sol-Tech, Solidariteit Eiendomme (SE) en ander direksies van instellings in die Solidariteit Beweging. Tjaart is verder ʼn trustee van Medihelp sedert 2018.

Ons span fotos-07 copy.png

Francois van Vuuren – Direkteur Eiendomme

Francois het opleiding in verskeie aspekte in die eiendomsektor ontvang, insluitend stads- en streekbeplanning, eiendomsontwikkeling en -belegging, konstruksieprojekbestuur en kommersiële eiendomswese. Hy het ʼn B-graad in Bestuur en Leierskap aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi en is tans besig met ʼn MBA.​

In 2009 is Francois as hoof van Solidariteit Eiendomme (SE) aangestel en kort daarna tot besturende direkteur bevorder. Sy verantwoordelikhede sluit in fasiliteitebestuur, eiendomsbestuur en ontwikkelingbestuur van Solidariteit se eiendomsportefeulje. Francois het reeds met onderskeiding die portefeulje effektief bestuur en uitgebou.

Ons span fotos-08 copy.png

Jeanne Jordaan – Adviseur

Jeanne is ʼn eiendomsontwikkelingsfasiliteerder en projekbestuurder. Hy was vir 16 jaar deel van Atterbury Properties, ʼn eiendomsontwikkelingsgroep wat in nuwe kommersiële ontwikkelings spesialiseer. Hy was ʼn direkteur en projekbestuurder by Atterbury Properties en was verantwoordelik vir verskeie kommersiële en stadsontwikkelings insluit waaronder geboue in Lynnwood Bridge en Waterfall City. Hy is ʼn gekwalifiseerde bourekenaar wat die graad BSc Honneurs in Bourekenkunde aan die Universiteit van Pretoria voltooi het.

bottom of page