nuus-artikels

Alles wat jy oor die Akademia-kampusprojek moet weet

Die nuwe Akademia-kampus in Pretoria-Oos is meer as ’n bouprojek – dit is ’n monument van hoop, ’n belegging in kennis en ’n leefruimte vir Afrikaans. As vennoot tussen kultuur en kapitaal neem Kanton die voortou om hierdie wêreldklas-ontwikkeling moontlik te maak: ’n kampus wat generasies lank die Afrikaanse gemeenskap sal dien en akademiese uitnemendheid tuis sal bring.

Hierdie feiteblad bied ’n oorsig van die omvang, geskiedenis en besonderhede van die projek – van die eerste stuk grond wat geïdentifiseer is, tot die indrukwekkende infrastruktuur wat tans beplan en gebou word. Elke syfer en elke mylpaal vertel die verhaal van hoe drome, deur volgehoue visie en samewerking, in bakstene en strukture omskep word.

1) Ontwikkelingsgeskiedenis


  • Identifiseer grond: Januarie 2017 – Desember 2019

  • Ontwikkelingsnoulettendhuisondersoek: Januarie 2020 – Augustus 2020

  • Verkry ontwikkelingsregte: Januarie 2021 – Februarie 2024

  • Aankoop van grond vir R55 miljoen: Mei 2024

  • Konsepontwikkeling: Januarie 2024 – Desember 2024

  • Kapitaalwerwing en finansiering: November 2024 – Desember 2025

  • Fase 1 – Massagrondwerke: Junie 2025 – Desember 2025

  • Fase 1 – Konstruksie: Januarie 2026 – Desember 2027

  • Fase 2 – Konstruksie: Januarie 2028 – Desember 2029


2) Ligging


  • Pretoria-Oos, langs Boschkop-weg, ± 8 km vanaf Solomon Mahlangu-rylaan.

3) Omvang: Studente & Akkommodasie


  • 5 000 voorgraadse + ± 1 500 nagraadse studente.

  • 8 koshuise (4 mans + 4 vroue), met ± 1 500 beddens. Fase 1 is 750 beddens wat gedurende Fase 2 verdubbel word.

4) Fasiliteite


  • Akademiese geboue: lesingslokale, laboratoria, biblioteek, navorsingsruimtes.

  • Studentesentrum, eet- en drinkfasiliteite.

  • Kapel en ouditorium.

  • Sportfasiliteite: rugby, krieket, netbal, tennis, atletiek, hokkie, swem en binnesport.

  • Proefplaas vir natuurwetenskappe en landboustudies.

5) Bouwerk – Bekende Kwantiteite


  • Ondergrondse pype: Meer as 23 km, genoeg om die afstand Pretoria–Centurion te dek.

  • Waterstoorvermoë: 19,3 miljoen liter – sewe Olimpiese swembaddens vol.

  • Grondverskuiwing: 220 000 m³ – genoeg om ’n 11 000 vragmotors, elk met twee waens, te vul.

  • Bakstene: 7,1 miljoen – sou dit end-tot-end gepak word, strek dit van Johannesburg tot Kaapstad.

  • Plafonne: 30 000 m² – die oppervlakte van drie rugbyvelde.

  • Pleisterwerk: 110 000 m² – genoeg om sowat 1 375 skoolklaskamers se mure te dek.

  • Optiese vesel: 40 km, wat die hele kampus digitaal verbind.

  • Teerpaaie: Meer as 30 000 m² – ongeveer vier rugbyvelde groot, wat die terrein se dele verbind.

6) Finansiële Omvang


  • Totale projekwaarde: Meer as R3 miljard.

  • Fase 1: ± R1,8 miljard.

  • Befondsing deur Kanton as eiendomsbeleggingsmaatskappy (kapitaalwerwing en finansiering) en die Toekomsbouer-veldtog wat gemeenskapsbeleggers en instellings betrek.

Koste van prioriteit-fasiliteite


  • Proefplaas - R78 Miljoen

  • Sportgronde en sport fasiliteite - R350 Miljoen

  • Ouditorium - R135 Miljoen

Deel hierdie:

+27 (0)12 111 0107
navrae@kanton.co.za

1 Klarinet Straat, Hillside Offices, Lynnwood, Pretoria, 0081

Kanton Beleggings (Pty) Ltd