top of page

'N FINANSIËLE OPBRENGS

ʼn Volhoubare eiendomsportefeulje kan alleenlik slaag deur die beste besigheidspraktyke te volg en deurlopend finansiële hulpbronne effektief aan te wend. Kanton het ten doel om eiendomsoplossings wat die beste waarde vir geld is teen markverwante tariewe aan instellings in die Afrikaanse gemeenskap beskikbaar te stel. 

As eerste fase word die bestaande portefeulje en kapitaal van die Solidariteit Beweging aangewend om die Kanton-portefeulje uit te brei.

Tydens die tweede fase sal gesprekke op ‘n private grondslag met eksterne beleggers oor beleggingsgeleenthede gevoer word.

In die derde fase sal Kanton genoteer word en die beleggingsgeleentheid sal vir die publiek oopgestel word.

Kanton se prestasiedoelwitte is daarop gefokus om goeie groei te bewerkstellig en ʼn deurlopende inkomste aan beleggers te lewer. Dit is noodsaaklik om die balans tussen hierdie twee aspekte te bestuur ten einde beide doelwitte te bereik. Die eerste fase van die besigheid sal meer op ʼn groeistrategie fokus deur die eiendomsportefeulje uit te bou met fasiliteite vir ʼn verskeidenheid instellings in die Afrikaanse gemeenskap. Namate die portefeulje volwassenheid bereik en die ekonomie van skaal dit moontlik maak, sal die portefeulje se inkomstefokus meer prominent word en sal dit gestruktureer word om optimale inkomste-uitkerings aan beleggers te lewer.

Die beleggings sal dus aanvanklik beter presteer deur in waarde toe te neem, waarna dit inkomste sal begin verdien namate die portefeulje volwassenheid bereik.

Vir meer inligting oor die portefeulje, kontak ons by info@kanton.co.za.

bottom of page