top of page

ONS

BELEGGINGSPLATFORM

Ten einde te verseker dat die struktuur en beleggingsplatform die doelwitte van Kanton ondersteun, is die beplanning en strukturering van die maatskappy gedoen in samewerking met Pallidus wat spesialiseer in onafhanklike korporatiewe finansiële advies, beleggingsbankdienste en beleggingsbestuur om die groei en uitbou van Kanton in die verskillende fases moontlik te maak.​

Die notering van Kanton op een van die alternatiewe beurse word in die vooruitsig gestel. Innovasie-, tegnologie- en kostevoordele vir transaksies beteken dat daar buigsame oplossings vir ʼn verskeidenheid van beleggers beskikbaar sal wees.

Kanton wil deur middel van die beleggingsplatform alle belanghebbendes wat die doelwitte en visie van Kanton deel, in staat stel om ʼn belegger te word.

Die oplossing moet, as gevolg van die moderne aard daarvan, effektiewe toegang aan alle potensiële beleggers van verskillende ordegroottes teen kompeterende tariewe bied, terwyl dit aan regulerende standaarde en veiligheidsvereistes voldoen.

bottom of page